Liefde aan haar
Arms sluit gou om haar vas,
en neem van haar haar pyn en las.
Lippies op haar lippies rus
en gee aan haar 'n liefdes kus.
Fluister saggies in haar oor
dat sy van al jou liefde hoor.
Trek haar nader aan jou hart
en deel in al haar leed en smart.
Streel haar hare sag en fyn
vertel haar van jou liefde rein.
Maak van haar jou koningin
en jy die ridder wie haar min.
Sy’s die ideale vrou ---
die vrou bedoel alleen vir jou.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 23 November 1947